Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Boomslang
Boomslang [boodskap #121263] So, 25 November 2018 11:02
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
/fa/90/0/
Die boomslang (Dispkolidus typus) is 'n slang in die groep Colubridae. Daar bestaan verskeie soorte wat gewoonlik in bosagtige gebiede aangetref word. Lyk dikwels nes die takke waarop hulle lê. Hulle word tot 1,5 meter (5 voet) lank en varieer in kleur van swart tot geelgroen. In teenstelling met wat vroeër aanvaar is, is boomslange uiters giftig hoewel hulle gewoonlik te skugter is om aan te val. 'n Eienaardige kenmerk van die slang is dat hulle mekaar insluk in 'n geveg. Anders as die eiervreter, sluk hulle eiers heel in en verteer dit stadig met dop en al.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Boomplaats
Volgende onderwerp: Boomvaring
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:55:28 MGT 2024