Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bondelswarts
Bondelswarts [boodskap #121257] So, 25 November 2018 10:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Bondelswarts is 'n stam in die distrik Warmbad, Namibië wat in 1903 onder hulle opperhoof, Morenga, in opstand gekom het teen die Duitse owerheid. Van gemengde Nama- en Herero-afkoms. Goewerneur Leutwein het ingevolge die Vredesverdrag van Kalkfontein in 1904 'n reservaat aan hulle toegestaan, maar Morenga het die voorwaardes geskend en is oor die Kaapse grens verdryf waar hy in 'n skermutseling met die polisie gedood is. Na die Eerste Wêreldoorlog in 1922 het die Bondelswarts weer moeilikheid gegee, en vliegtuie is gebruik om hulle tot bedaring te bring.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bomvanaland
Volgende onderwerp: Bonnievale
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:44:21 MGT 2024