Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Boom
Boom [boodskap #121255] So, 25 November 2018 10:24
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Boom is 'n groot houtagtige plant met 'n kroon. Daar is verskeie definisies van wat 'n boom presies is, maar die meeste noem hoogte (minimum 4 meters) en die besit van 'n stam.

Hoewel 'n groot deel van die Republiek deur doringbosse (sien Akasia) begroei is, is die natuurlike bosse weens brande en ondiskriminerende uitkappery hoofsaaklik beperk tot beskutte klowe, die bergreekse gelyklopend met die suid en ooskus (veral die Knysna- en Tsitzikamabos en die Drakensberg-platorand van Natal) en Transvaal. (Sien ook Addobos). Die meeste van die woudbome - die sering is 'n uitsondering - is immergroen en het gladde leeragtige blare. Die bome is gewoonlik met bobbejaantoue behang terwyl die reuse-geelhoutbome met mos bedek is.

Varings en boomvarings, mos en orgideë is volop waar die reënval voldoende is. Eie aan Tafelberg en sy omgewing is die pragtige silwerbome. Europese bome soos die dennebome, eikebome, populiere en wilgerbome wat eeue gelede ingevoer is, groei vryelik hoewel nie altyd so weelderig soos in hulle vorige vogtige tuiste nie. In die 19de eeu is Australiese akasias ingevoer, hoofsaaklik om die sand van die Kaapse Vlakte te bind.

Dat 'n groot deel van Suid-Afrika, wat nou betreklik kaal is, eens bosbedek was, word duidelik aangetoon met name soos Houtbaai. (Sien Ysterhout, Stinkhout, Kaapse Mahagonie, Nieshout, Huilbos, Akasia, Koraalboom (Kafferboom), Noordsdoring, Flambojant, Kei-appel, Olyf, Rooi-els en Witgat.) Vandag word uitgebreide bosbouskemas uitgevoer vir sowel kommersiële doeleindes as waterbewaring. Sien Bosbou.

Namibië (Suidwes-Afrika) is nie ryk aan bome nie. Die Namib-woestyn is feitlik sonder plantegroei afgesien van enkele kokerbome (Aloe dichotonia) met trosse geel blomme in die winter, en die eienaardige welwitschia in die omgewing van Walvisbaai. Die boonste deel van die Kuisipstreek het 'n welige plantegroei met kameeldorings (Acasia giraffae), ebbehoutbome, wildevye en die mooi anabome (A. celbida). Die sentrale plato (Ovamboland) het 'n ryker flora met baie akasias, baobab, palm en wildevyebome. Groot Namakwaland, droër as Damaraland, het hoofsaaklik kokerbome, akasia en kameeldoringbome.

Die grootste deel van Zimbabwe (Rhodesië) bestaan uit oop bosland of savanne as gevolg van die nat somers en droë winters. Die peuldraende brachystegia met sy pragtige rooibruin lentekleur is die oorheersende boom. Dié bome wissel volgens die reënval van 12 na 100 voet en die ligte blarekleed belemmer nie die groei van lang gras en blomdraende struike daaronder nie. In die warm droë riviervalleie is die kenmerkende bome die pragtige 40 voet hoë mopaniebome, baobab met sy reusestam, die groot waaierpalm (Borassns aethiopum en Hypnaeme ventricesa), talle akasias, noorsdorings en bauhinias. Zambië vergoed vir sy skaarsheid aan algemene flora met omvangryke bosse Rhodesiese kiaat.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Boland
Volgende onderwerp: Bomvanaland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:34:31 MGT 2024