Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Boks
Boks [boodskap #121251] So, 25 November 2018 09:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Boksgeveg.
'n Boksgeveg.
Boks is 'n taktiese gevegsport. Twee teenstanders slaan met hul vuiste na mekaar om punte aan te teken. Krag is nie so belangrik as spoed nie, vir hierdie rede word boks ook nie as 'n kragsport gekategoriseer nie.

Die eerste beroepsgevegte in Suidelike Afrika waaraan 'n prysgeld verbonde was, het in 1882 begin toe J.R. Couper, wat as lid van die polisiemag na Basoetoland gegaan het, teen 'n sekere Bloomfield geboks het. Daarvandaan is hy na Kimberley en later na Johannesburg. In 1889 het Couper op Eagle's Nest, buite die stad, kragte gemeet met Wolff Bendoff om die wêreldkroon. Die prysgeld van £4,500 was destyds die grootste tot op datum. Couper het die geveg na 27 rondes gewen - 'n merkwaardige prestasie as mens sy lae gewig, 147 pond, in aanmerking neem. In die Suid-Afrikaanse Republiek is boks onwettig verklaar, maar in 1893 het die Hooggeregshof in Pretoria beslis dat dit wel wettig is. Van toe af is gevegte gereeld gehou en vandag vind gevegte van wêreldklas in die land plaas.

Van die bekende boksers wat Suid-Afrika opgelewer het sluit in: Vic (die Benoni atoom) Toweel, Corrie (die skerpskutter) Sanders en Gerrie (seer handjies) Coetzee.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bokmakierie
Volgende onderwerp: Boksburg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:45:11 MGT 2024