Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bok-bok
Bok-bok [boodskap #121247] So, 25 November 2018 09:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bok-bok is 'n gewilde seunspel. Die spel is baie oud en was onder feitlik dieselfde naam aan die Romeine bekend.

Die deelnemers tree in 'n ry agter mekaar aan. Die voorste deelnemer buk vooroor en plaas sy hande op die grond voor hom (die eerste bok wat styf staan). Die deelnemer agter hom kom dan aangehardloop, druk met sy hande op sy maatjie se rug en spring wydsbeen oor. Ná die sprong buk hy ook vooroor (die tweede bok). Die volgende deelnemer spring dan oor beide en so aan totdat almal gebuk staan. Die agterste een spring dan op en herhaal die proses. Die spel hou so aan totdat almal moeg en uitgeput is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bok, Willem Eduard
Volgende onderwerp: Bokkem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:33:58 MGT 2024