Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bok, Dr. Willem Eduard
Bok, Dr. Willem Eduard [boodskap #121245] So, 25 November 2018 09:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Willem Eduard Bok was 'n vriend en deelgenoot van president Kruger. In 1846 gebore in Holland. In 1864 gaan hy na Engeland om die taal te leer en in 1876 gaan hy op 30 jarige ouderdom na Transvaal na 'n loopbaan in die handel. Hy word 'n vriend van die toekomstige president Kruger en vergesel hom en die res van die Onafhanklikheidsafvaardiging na Londen ná die anneksasie van Transvaal. Later word hy sekretaris van die Nasionale Komitee en sluit aan as redaksielid van De Volksstem. Ná die Majuba-veldtog was hy van 1884 tot 1888 Staatsekretaris. Hy word Klerk van die Volksraad en Staatskommissaris vir die pas ontdekte Witwatersrandse goudveld, waar die dorp Boksburg na hom vernoem is. 'n Neef van Edward Bok, die beroemde Amerikaanse redakteur van die Ladies Home Journal. Dr. Bok is in 1904 in Johannesburg oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bogenfels
Volgende onderwerp: Bok, Willem Eduard
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:53:59 MGT 2024