Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bogenfels
Bogenfels [boodskap #121244] So, 25 November 2018 09:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bogenfels ("boogrots" in Duits) is 'n merkwaardige rotsformasie aan die kus van Namibië (Suidwes-Afrika). So genoem weens die reuse-boog, 55 meter (180 voet) hoog, wat sowat 95 km suid van Lüderitz en 32 km suid van Pomona uit die see verrys. Die boog staan met een voet in die Atlantiese Oseaan en die ander in die sand van die Namibwoestyn. Dit is uit harde dolomiet en sagte skalie opgebou. Die boog is afgeleë en moeilik bereikbaar. Dit lê in barre woestyngebied en boonop in 'n gebied waar diamante ontgin word (die sogenaamde Sperrgebiet). Toegang word dus streng beheer, maar begeleide uitstappies na die gebied vind soms vanuit Lüderitz plaas.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Boetsap
Volgende onderwerp: Bok, Dr. Willem Eduard
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:31:13 MGT 2024