Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Boesmantekeninge
Boesmantekeninge [boodskap #121242] So, 25 November 2018 09:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Kunsvorm waarna vryelik verwys word as Boesmantekeninge en graverings word oor 'n groot deel van Suidelike Afrika aangetref. Hierdie kunswerke is van die allergrootste belang op grond van sowel die inherente treffendheid daarvan as die primitiwiteit van die mense wat daarvoor verantwoordelik was. Boesmantekeninge is gevind van Zimbabwe (Rhodesië) tot by Namibië (Suidwes-Afrika) en feitlik van die Kaap tot by die Zambezi. Die vernaamste plekke is rotswande, grotwande en natuurlike oorhangende skuilings. Die onderwerpe was vernaamlik wilde diere, mensfigure, jagtonele, en op 'n beperkte skaal, makdiere.

Dit is moeilik om vas te stel hoe lank Boesmantekeninge terugdateer, maar baie is beslis eeue oud. Daar bestaan ook tekeninge van blankes in modem kleredrag. Een van die eerste mense wat byna 'n eeu gelede die onderwerp stelselmatig bestudeer het, was George W. Stow, wat daarin geslaag het om die samewerking van dr. W.H.I. Bleek te verkry. Baie van die waardevolste tekeninge is ongelukkig deur nalatigheid of vandalisme beskadig, maar vandag word dit deur die wet beskerm.

Die uitwyking van die Boesman na die afgeleë dele van die Kalahari het gehelp om die hoeveelheid materiaal beskikbaar vir studie te verminder. 'n Redelike aantal tekeninge is van hulle vindplekke verwyder en in museums geplaas, maar vandag is dit verbode om dit uit te voer. Die tekeninge word gekenmerk deur 'n sterk tekenaanleg, eenvoud van ontwerp en eenheid van kleur. Laasgenoemde kenmerk is hoofsaaklik te wyte aan die beperkte aantal kleurpigmente waaroor die kunstenaars beskik het. Moderne deskundiges vergelyk die mildadige aanwending van eenvoudige kleure met die hedendaagse plakkaattegniek.

Die teorieë van prof. Leo Frobenius, wat die oorsprong van die Boesmantekenings toeskryf aan 'n hipotetiese hoogsbeskaafde 'Eritreese ras', wat in vroeë tye groot dele van Afrika bewoon het, het nie veel steun gekry nie. Afgesien van tekeninge was die Boesmans verantwoordelik vir 'graverings', wat in die rots gedoen is met vuursteen en soortgelyke harde voorwerpe. Tekeninge is ook aangetref op volstruiseierdoppe en selfs ook teen die mure van geboue.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Boesmansrivier
Volgende onderwerp: Boetsap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:23:42 MGT 2024