Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Boesmans
Boesmans [boodskap #121239] So, 25 November 2018 08:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Boesmans is 'n bevolkingsgroep wat as die oorspronklike bewoners van die grootste deel van Suidelike Afrika beskou word. Hulle het vroeër dae nie net die grootste deel van Kaapland bewoon nie, maar ook groot dele van Basoetoland (Lesotho), die Drakensberg en Transvaal.

Boesmans is klein van bou, skaars 1.5 meter (5 voet) lank. Hulle beskik oor 'n aantal karakteristieke eienskappe, in besonder hulle geplooide voorkoms, buitengewone skerp oë, uitstekende spoorsnyvermoë, sin vir kuns en musiek en die neiging om 'n vet agterstewe te hê. Hulle toon 'n ooreenkoms met die pigmeë van Sentraal-Afrika en het vermoedelik uit daardie dele geëmigreer.

Hulle is verdeel in 'n aantal verskillende groepe, waarvan die bekendste die Masarwa van die Kalahari is. Vroeër dae was daar twee groepe, dié wat op heuwels gebly het, en dié wat in grotte gebly het. Geeneen van die twee tipes het huise of hutte gebou nie en hulle het onder primitiewe takskuilings gewoon. As gevolg van bantoe en blanke besetting het hulle tot die onbegaanbare dele teruggetrek. Vandag leef die oorblywendes in die Kalahari en ander droë plekke. Dit is moeilik om te bepaal hoeveel ware Boesmans daar nog vandag bestaan, maar dit is te betwyfel of daar meer as 2,000 is, waarvan die meeste in Namibië (Suidwes-Afrika) woon.

Hulle taal het 'n oorvloed klikgeluide en is net met die grootste moeite bestudeer omdat hulle vroeër dae nie maklik vriende gemaak het nie. Dit is eers in die laaste aantal jare dat dit moontlik was om 'n omvattende woordeboek van die Boesmantaal te publiseer. Dit is hoofsaaklik te danke aan die werk van dr. W.H.I. Bleek in die jare 1850 en eerwaarde Kroenlein, wat 'n klomp Boesmanwoorde aangeteken het. Dr. Bleek se werk is aangevul deur dié van mej. L. Lloyd en sy dogter, Dorothea Bleek.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Boesmanrys
Volgende onderwerp: Boesmanskop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:58:47 MGT 2024