Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Boegoe (Reitraceae)
Boegoe [boodskap #121235] So, 25 November 2018 07:44
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Boegoe (Reitraceae) is 'n regop struik tot 1,8 meter (6 voet) hoog met klein wit-ligroos blomme en sterk geurige blare. Die woord is van die Khoikhoi (Hottentotte) oorgeneem. Dit word as medisyne en vir die geur van brandewyn gebruik (Boegoebrandewyn is 'n uitstekende opknapper). Groei in berge en klowe in Wes-Kaapland, meesal bo 300 meter (1,000) voet. Sowel die Barosma crenulata as die B. betulina lewer blaarboegoe. Die familie sluit in die klipsissie en adenandra, klein Kaapse bergstruike met ligroos vyfblaar-blomme en geurige blare asook die pragtige Kaapse kastaiing (Calodendrum).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Boedelkamer
Volgende onderwerp: Boerboon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:22:09 MGT 2024