Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bobbejaantou
Bobbejaantou [boodskap #121232] So, 25 November 2018 07:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bobbejaantou
Bobbejaantou
Bobbejaantoue is verskillende tipes parasiete wat in bome groei. Dit word in die subtropiese bosse van Suidelike Afrika aangetref. Die gedeelde naam vir verskillende plantsoorte veroorsaak soms verwarring, wat oorkom word deur die botaniese name te gebruik. 'n Paar bekende spesies sluit in:

Secamone alpini, 'n woudkruiper met robuuste, houtagtige stingels. Dit word ook melktou genoem.

Cynanchum africanum het wit blomme en groei in kusstreke. Die plant word met die vergiftiging van perde geassosieer. Wanneer gras skaars raak sal perde die blare begin ondersoek en vreet.

Strophanthus speciosus, word ook bosgiftou, giftou of osdoring genoem.

Rhoicissus tomentosa (of R. capensis), is 'n kragtige reënwoudklimmer. Dit word ook bosdruif, wildedruif, bostou en bobbejaantou genoem.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bobbejaantjie
Volgende onderwerp: Bobotie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:26:53 MGT 2024