Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bobbejaan
Bobbejaan [boodskap #121230] So, 25 November 2018 07:15
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bobbejane
Bobbejane
Die bobbejaan (genus Papio) is 'n groter nie-mensagtige lid van die primaat-orde. Alle bobbejane het lang hondagtige snoete met oë wat na-aan mekaar geleë is. Hulle het swaar, kragtige kake, dik pelse (oral behalwe op hul bekke), kort sterte, en growwe haarlose kolle op hulle agterstewes. Mannetjies van die mantelbobbejaan het ook groot wit maanhare.

Die Kaapse bobbejaan (Papio ursinus/porcarins) word dwarsdeur Suid-Afrika tot aan die Zambezi gevind in kaal, rotsagtige en bergagtige gebiede. Hul leef van wilde vrugte, insekte, bessies, jong blare en die sap van sekere bome. Wanneer gedryf deur honger sal hulle strooptogte op vrugte- en groentetuine uitvoer. Vernaamste wapens is buitengewone sterk kakebeen en goedontwikkelde oogtande. As lid van 'n trop is hy 'n gedugte vegter. Vaalbruin lyf en rookswart gesig. Hulle staan onder Hottentotte bekend as Chacma; onder Zoeloes en Swazies as Imfena; onder Basoeto's as Tshweni.

Die geel bobbejaan (Papio cynocephalns) kom voor in westelike kusstreke van Afrika so ver suid as Masjonaland (in Zimbabwe). Hy het 'n vaalswart lyf en vleiskleurige gesig. Hul gewoontes is soortgelyk aan dié van die Kaapse bobbejaan, maar aggressiewer.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Blyvooruitsig
Volgende onderwerp: Bobbejaantjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:08:27 MGT 2024