Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bloukrans
Bloukrans [boodskap #121226] So, 25 November 2018 07:00
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bloukrans is 'n heuwel in Natal. Dit is die toneel van die moord op 'n groot aantal Trekkers deur die Zoeloes. Op 17 Februarie 1838, ná die moord op Retief en sy geselskap, stuur Dingaan sy magte om die res van die Trekkers te vermoor. 'n Impi het die laer by Bloukrans aangeval en 41 mans, 56 vroue en 97 kinders uitgemoor. 'n Hele aantal wat ontsnap het, is gewond. Hierdie voorval staan as die Bloukransmoorde of Bloedbad van Weenen bekend. Ter herdenking aan die treurspel is die naburige dorpie Weenen gedoop.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Blougrond
Volgende onderwerp: Bloutong
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:17:46 MGT 2024