Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bloubok
Bloubok [boodskap #121224] So, 25 November 2018 06:55
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Skets van 'n bloubok.
Skets van 'n bloubok.
Die bloubok (Hippotragus leucophaeus) is 'n bok wat aan die bastergemsbok en swartwitpens verwant was. Die spesie het egter uitgesterf. Vroeër jare is hulle in die Kaapprovinsie aangetref, maar dit is nou slegs as museumspesies in Europa. Dit was 'n groot dier, 1,14 meter (45 duim) hoog by die skouer en blougrys van kleur.

In die 17de eeu het Europeërs aan die Kaap met die bloubok in aanraking gekom. Alhoewel dit toe reeds 'n skaars dier was, is daar op hulle gejag en hul habitat is deur die aanlê van plase vernietig. Teen ongeveer 1800 was die bok heeltemal uitgesterf. Daar is vier opgestopte spesimens wat nog bestaan en in museums in Wenen, Stockholm, Parys en Leiden bewaar word. Daar is ook beendere en horings wat op ander plekke gehuisves word.

Die bloubok moet nie verwar word met die gewone klein bloubokkie van die Bosveld nie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Blou-aap
Volgende onderwerp: Blougrond
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:11:33 MGT 2024