Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Blou-aap
Blou-aap [boodskap #121223] So, 25 November 2018 06:51
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die blou-aap (Cercopithecus pygerythrus) is 'n primaat van gemiddelde grootte wat in Afrika suid van die Sahara aangetref word.

Blouape kom hoofsaaklik in die ooste van Swellendam tot by Transvaal voor. Hulle hou van bosse en woude naby water. Hulle is Skugter maar skelm; woon in troppe en kan groot skade op plase aanrig. Verder leef hulle van bolle, wortels, saad en voëleiers en rig dus onregstreeks baie skade aan. Hul natuurlike vyande is slange, luiperds en die groter roofvoëls, wat help om hulle getalle redelik laag te hou.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Blomme
Volgende onderwerp: Bloubok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:56:26 MGT 2024