Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Blomme
Blomme [boodskap #121222] So, 25 November 2018 06:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Blomme
Blomme
'n Blomplante is plante wat bomme dra. Die blom self is 'n plantorgaan wat aangepas is om voortplanting te verseker. Die plant vorm gewoonlik nuwe blomhoofde in die lente, waarin die saadjies later ontwikkel en in die nasomer ryp word. Die saadjies versprei op verskillende maniere, bv. die wind, water, insekte of voëls, wat die plant se voortbestaan deur verspreiding verseker.

Suid-Afrika is ryk aan blomme en is ongeëwenaard in die Kaapse Skiereiland. Daar is ongeveer 178 families, waarvan sommige honderde spesies het, verteenwoordig in Suid-Afrika. Baie van hulle het eienskappe in teenstelling met dié in ander lande. Onder die oudste in die wêreld is die sikadees wat volgens Wegener se teorie so ver terug dateer as die tydperk voordat Afrika geskei is van Suid-Amerika en Australië.

Eie aan die Kaapse flora is die proteas met hulle groot verskeidenheid spesies. Verskeie erikas groei ook in die Kaap; verder oos floreer die Engelse gras ('Statice') en plumbago, familie Plumbaginaceae. Die Kaap en Natal is besonder ryk aan klein bolfamilies, Liliaceae (sien Lelie) en Iridaceae (sein Iris). Die amarillis of narsinglelie is ook baie bekend in Suid-Afrika. Die eienaardige piesangblom of kraanvoëlblom van die familie Muraceae groei hoofsaaklik in Natal en noordwaarts. Die baie orgideë groei in subtropiese kus- en bosgebiede. Twee ontsaglike groot blomfamilies, Compositae (sien Madeliefie) en Leguminosae (sien Ertjie) met hulle honderde groepe, is oral volop. Malvaceae (sien Hibiskus) bevat hoofsaaklik struike en bome. Labiatae (sien Salie), die geurige kruidfamilie is wyd versprei; so ook die scrophylariaceae (sien Nemesia).

In die halfwoestyn van die Karoo en ander sanderige gebiede groei baie vetplante van die familie Aizoaceae wat die grootse vygie-groep insluit; die familie Crassulaceae (sien Crassula) en die familie Euphorbiaceae bestaande uit die reusagtige melkbos en ander melksapplante. Die nara, die eienaardige woestynplant, en al die meloene behoort tot die Convolvulaceae, 'n familie van klimplante waarvan die kafferkanferfoelie ook 'n lid is.

Baie doringagtige struike, behalwe die genaturaliseerde uitheemse plante soos die appelliefie, behoort tot die Solanaceae. Blou is 'n skaars kleur tussen die geel en oranjes van Suid-Afrikaanse blomme, maar dit kom dikwels voor in die familie Campanulaceae (sien Sleuteltjie (Lobelia)). Een van die waterlelies (Nymphaeaceae) is ook blou.

Die veelkleurige klein oxalis en die klein wit, ligroos of rooi crassulas is ook van die baie blomme eie aan die Kaap. Weens gebrek aan ruimte kan dosyne ander families wat baie bekend is aan Suid-Afrikaners nie hier ingesluit word nie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Blokhuis
Volgende onderwerp: Blou-aap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:18:00 MGT 2024