Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Blokhuis
Blokhuis [boodskap #121221] So, 25 November 2018 06:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
/fa/72/0/
'n Blokhuis is fort wat vir verdediging gebruik is en waaruit soldate kon waghou. Blokhuise wissel van eenvoudige geboue van hout en sink tot kasteelagtige bouwerke.

Die eerste blokhuise in Suid-Afrika is tydens die eerste Britse besetting van die Kaap in 1795 in gebruik geneem. 'n Paar daarvan, onder meer die "King's Blockhouse" en die "Queen's Blockhouse" teen die hange van Tafelberg, bestaan nog.

Later is dit op groot skaal deur lord Kitchener tydens die Tweede Vryheidsoorlog en aan die Oosgrens teen die naturelle gebruik. Sommige is so na aan Kaapstad as Wellington en Malmesbury. Eers was blokhuise beperk tot spoorlyne, wat beskerm moes word, maar later het dit so talryk geword dat dit tot 200 tree uitmekaar was. Dit was verbind met doringdraad en per telefoon. Hoewel miljoene ponde deur Brittanje aan die blokhuisstelsel bestee is, was dit glad nie besonder geslaag nie soos bewys deur generaal De Wet en ander Boereleiers. Die Boere kon met gemak deur die blokhuisnetwerk glip. Daar is van verskillende soorte gebruik gemaak, insluitende sommige van klip, ander van sinkplaat en hout. Die koste het gewissel van £15 tot £75 elk.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
  • Aanhangsel: blokhuis.jpg
    (Grootte: 38.28KB, 243 kere afgelaai)
Vorige onderwerp: Bloemhof
Volgende onderwerp: Blomme
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:56:30 MGT 2024