Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bleek, Dr. Wilhelm Heinrich Immanuel
Bleek, Dr. Wilhelm Heinrich Immanuel [boodskap #121210] Sa, 24 November 2018 17:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Wilhelm Heinrich Immanuel Bleek was 'n Suid-Afrikaanse taalkundige en gesaghebbende op die gebied van die Boesman. Gebore in Berlyn in 1827. Studeer Oosterse tale en vertrek om dié rede in 1851 na Engeland in die hoop om uiteindelik Indië te bereik. In plaas daarvan word hy aangestel as tolk aan die Weskus van Afrika, waarvandaan hy in 1852 weens swak gesondheid na die Kaap verhuis. As gevolg van sy vriendskap met biskop Colenso raak hy geïnteresseerd in die Zoeloetaal en later begin hy met die steun van goewerneur sir George Grey met 'n studie van die Boesman en sy taal. Die meeste van sy latere lewe wy hy aan pogings om die vriendskap van die Boesman te wen en materiaal vir 'n woordeboek te versamel. Hy werk eers by die Departement Naturellesake en later as bibliotekaris van die Suid-Afrikaanse Openbare Biblioteek in Kaapstad. Dr. Bleek sterf op 17 Augustus 1875 voordat sy woordeboek voltooi is. Die werk is voortgesit deur sy skoonsuster, Lucy Lloyd, en sy dogter, Dorothea Bleek.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bleek, Dorothea
Volgende onderwerp: Blesbok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:42:21 MGT 2024