Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Blackburn, Douglas
Blackburn, Douglas [boodskap #121204] Sa, 24 November 2018 17:37
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Douglas Blackburn was Suid-Afrikaanse skrywer. Gebore in Savoy, Frankryk, op 6 Augustus 1857. Word onderrig op Lowestoft, studeer in die regte, maar word 'n joernalis in 1892. Hy kom omstreeks hierdie tyd na Suid-Afrika, vestig hom in Johannesburg en word 'n bekende en suksesvolle skrywer. Sy bekendste werk is Prinsloo van Prinsloosdorp, 'n parodie op die outydse boere-amptenaar in Transvaal. Hy skryf ook A Burgher Quixote en Richard Hartley, Prospector. En ook verskeie ander boeke. Blackburn was 'n ywerige seiljag-geesdriftige en het 'n aantal lang vaarte alleen onderneem. Oorlede in 1916.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Black, Stephen
Volgende onderwerp: Swartvis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:57:42 MGT 2024