Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Birkenhead
Birkenhead [boodskap #121193] Sa, 24 November 2018 14:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Birkenhead was 'n troepeskip wat op 26 Februarie 1852 met groot lewensverlies en te midde van heldemoed teenoor Danger Point vergaan het. Die skip was met versterkings vir die Britse magte uit Cork in Ierland onderweg na die Kaap. Daar was 25 vroue en 31 kinders onder die 551 passasiers. Naby Danger Point het die skip op 'n ongekarteerde rots geloop en begin sink. Toe dit bekend word dat daar nie genoeg reddingsbote is nie, is die vroue en kinders eerste ingelaai onderwyl die mans op die dek bly staan het totdat die skip onder die water verdwyn het. Perfekte dissipline is tot die einde gehandhaaf. Net 184 van die altesaam 638 mense op die skip is gered.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bird, William Wilberforce
Volgende onderwerp: Bismut
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:18:14 MGT 2024