Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Binns, Sir Henry
Binns, Sir Henry [boodskap #121190] Sa, 24 November 2018 11:58
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Henry Binns was die Eerste Minister van Natal. Gebore in 1837. Kom in 1858 in Natal aan en begin in 1860 met suikerboerdery. Van 1868 tot 1892 was hy bestuurder van die Umhlanga Valley Sugar Estate Co., wat hy tot stand gebring het. Reeds in 1879 benoem as lid van die oorspronklike Natalse Wetgewende Raad en word van 1883 'n verkose lid. In 1897 is hy aangestel as Eerste Minister, maar in dieselfde jaar word hy Koloniale Sekretaris en Minister van Landbou. Een van sy grootste prestasies was om Natal te laat aansluit by die Doeane-Konvensie in 1898. Oorlede in 1899.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bindura
Volgende onderwerp: Birchenough, Sir. Henry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:51:19 MGT 2024