Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Biblioteek
Biblioteek [boodskap #121184] Sa, 24 November 2018 11:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Boekrakke in 'n publieke biblioteek.
Boekrakke in 'n publieke biblioteek.
'n Biblioteek is 'n georganiseerde versameling van inligtingsbronne, wat aan 'n gemeenskap vir verwysing of uitleen beskikbaar gemaak word. Dit bied fisiese of digitale toegang tot materiaal, en kan in 'n fisiese gebou of kamer, òf 'n virtuele ruimte gehuisves wees. Tipiese versameling sluit in: boeke, tydskrifte, koerante, manuskripte, films, kaarte, afdrukke en ander dokumente.

Die eerste bekende biblioteek in die moderne sin van die woord is dié van Johannes Nicolaas von Dessin wat as sekretaris van die Weeskamer 'n besonder goeie geleentheid gehad het om boeke op te koop tydens die uitbreking van pokkies. Met sy dood in 1761 het hy sy biblioteek, wat hoofsaaklik bestaan het uit werke oor die teologie en soortgelyke onderwerpe, nagelaat aan die openbare owerhede wat dit in 'n N.G.-Kerk geberg het. Toe Lord Charles Somerset in 1818 die Suid-Afrikaanse Openbare Biblioteek gestig het, het die 'Dessiniaanse Versameling', soos dit genoem word, deel daarvan geword. Dit bestaan vandag nog. Die Goewerneur het die belasting op elke vaatjie wyn wat in die Kaap verkoop is, aan die biblioteek toegewys. Die biblioteek se inkomste is tot 1829 op dié wyse verkry. Danksy baie ander skenkings, insluitende die merkwaardige versameling middeleeuse manuskripte en vroeë boeke van sir George Grey, het die Suid-Afrikaanse Openbare Biblioteek, wat vandag sowat 350,000 boekdele het, waarskynlik die waardevolste, indien nie die grootste nie, versameling in die Suidelike Halfrond. Met die ontwikkeling van die nedersetting aan die Kaap is daar met biblioteke in die meeste ander dorpe, in besonder Grahamstad, Port-Elizabeth en Kimberley begin. 'n Soortgelyke ontwikkeling het terselfdertyd in Natal plaasgevind waar die Natal Society 'n uitstekende versameling in Pietermaritzburg opgebou het. Biblioteke is ook in die Oranje-Vrystaat en in Transvaal gestig. Vandag is die Johannesburgse Openbare Biblioteek, met sy baie takke wat byna een miljoen boeke en 'n uitstekende tegniese afdeling het, bekend as die Seymour-gedenkbiblioteek, die grootste enkele biblioteek in die land. Ander belangrike versamelings is die Staatsbiblioteek in Pretoria, die Parlementêre Biblioteek in Kaapstad, insluitende die Mendelssohn-biblioteek, asook dié van verskeie universiteite.

In die jongste aantal jare het die Regering se beleid om gratis biblioteekdienste te verskaf, die gevolg gehad dat 'n baie hoë persentasie van die bevolking lede is, waaronder al hoe meer nie-blankes. Die grootste provinsiale diens is dié van Kaapland met sowat 2,000 verspreidingspunte, 350 personeellede en meer as 2,000,000 boeke. In ander dele van die Republiek vind die uitbreiding teen 'n vinnige tempo plaas. Die oprigting van biblioteke in Zimbabwe (Rhodesië), Zambië en Malawi, Namibië (Suidwes-Afrika) en die Bantoegebiede, word ook aangemoedig. Opleiding in biblioteekwese word aan die meeste universiteite gegee. Die beroep is georganiseer in die Suid-Afrikaanse Biblioteekvereniging.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Beyers, Generaal Christiaan Frederik
Volgende onderwerp: Biesiesvlei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:46:13 MGT 2024