Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Beyers, Generaal Christiaan Frederik
Beyers, Generaal Christiaan Frederik [boodskap #121183] Sa, 24 November 2018 11:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal Christiaan Frederik Beyers was 'n Boeregeneraal, prokureur, en leier in die Maritz-rebellie van 1914. Gebore naby Stellenbosch in 1869 en verhuis na Transvaal in 1889, waar hy 'n prokureur word en genaturaliseer is as 'n burger. Hy sluit aan by die Boeremagte in die Tweede Vryheidsoorlog en word verhef tot die rang generaal. Ná die oorlog hervat hy sy praktyk in Pretoria en word Speaker van die Transvaalse parlement onder verantwoordelike bestuur. In 1912 is hy aangestel as Kommandant-generaal van die pas gestigte Unie-Verdedigingsmag. Die volgende jaar besoek hy Europa en ontmoet keiser Wilhelm II. Hy bots met generaal Louis Botha, wat na sy mening homself te veel verbind aan oorsese verpligtinge en hy begin onderhandelings met generaal Delarey en andere wat nie met die Regering saamstem nie. Die geskil bereik in September 1914 sy klimaks toe hy na die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog uit sy pos bedank. Generaal Smuts beskuldig hom van hoogverraad. Hy raak betrokke in die Rebellie en verdrink in 1914 terwyl hy, agtervolg deur regeringsmagte, die Vaalrivier oorgesteek het.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bews, Professor John William
Volgende onderwerp: Biblioteek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:22:08 MGT 2024