Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bews, Professor John William
Bews, Professor John William [boodskap #121182] Sa, 24 November 2018 11:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Professor John William Bews was 'n Suid-Afrikaanse plantkundige. Gebore op Kirkwall in die Orkney-eilande op 16 Desember 1884. Studeer aan die Universiteit Edinburgh en word lektor in Plantkunde aan die universiteite Manchester en Edinburgh. In 1910 word hy aangestel as professor aan die Universiteitskollege van Natal, waar hy in grasse spesialiseer. In 1912 ontvang hy 'n Carnegie-Navorsingsbeurs. Hy lewer baie bydraes in wetenskaplike blaaie en het internasionale aansien verwerf as 'n ekoloog. Oorlede in 1938.

Die genus Bewsia is na hom vernoem. Sy botaniese outeursafkorting is Bews.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Beukenhout
Volgende onderwerp: Beyers, Generaal Christiaan Frederik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:42:05 MGT 2024