Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bethal
Bethal [boodskap #121171] Sa, 24 November 2018 10:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bethal is 'n dorp in Oos-Transvaal. In teenstelling met wat algemeen aanvaar word, is die naam nie afgelei van die
Bybelse Bethel nie, maar is dit saamgestel uit die name van die eggenotes van die eienaars van die oorspronklike
plase waarop die dorp gebou is, Elizabeth du Plooy en Alida Naudé. Die dorp is in 1889 gestig en is 'n belangrike mielieproduserende gebied. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 14,855 (5,500 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bertin, Harry
Volgende onderwerp: Bethanie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:46:01 MGT 2024