Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bergtheil, Jonas
Bergtheil, Jonas [boodskap #121166] Sa, 24 November 2018 10:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Jonas Bergtheil was 'n Natalse pionier. Gebore in Beiere, Duitsland, in 1819. Van Joodse afkoms. Kom na die Kaap in 1834. Begin nege jaar later om katoen in Natal te kweek. 'n Sterk voorstander van immigrasie. Organiseer verskeie skemas, eers om koloniste van die Britse eilande en later uit Duitsland te bring. Uiteindelik slaag hy daarin om in November 1847 'n skip te huur wat 188 mans, vroue en kinders uit Duitsland na Natal bring. Hulle word gevestig naby Pinetown in die gebied nou bekend as New Germany.

Was ook grotendeels verantwoordelik vir die bou van die eerste spoorlyn in Suid-Afrika van Durban na die Punt, waarvan hy 'n direkteur word. In 1866 vestig hy hom in Engeland waar hy in 1902 oorlede is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bergroos, Skaamrosie, Skaamblom
Volgende onderwerp: Bergville
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:08:20 MGT 2024