Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Benningfield, Reuben Widdows
Benningfield, Reuben Widdows [boodskap #121153] Sa, 24 November 2018 06:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Reuben Widdows Benningfield is 'n Natalse pionier en jagter. Gebore in 1844 as seun van Samuel Benningfield, een van die vroeë setlaars in Natal. In jare 1860 reis hy intensief in Rhodesië en was ook 'n handelaar op Inhambane in Mosambiek. Onder die trofeë wat hy teruggebring het is 'n olifanttand van 190 pond en een van 170 pond. Benningfield verkry 'n konsessie van 240 vierkante myl van opperhoof Umtasa van Manicaland naby die Penhalonga-goudveld, nie ver van Umtali af nie. Dit is later herroep en die grond is gegee aan F.C. Selous as verteenwoordiger van die Chartered Company. Hy keer terug na Durban en word hoof van die firma Reuben Benningfield & Co. Oorlede in 1912.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Benjamin, Louis Edmund
Volgende onderwerp: Benoni
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:19:13 MGT 2024