Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Belfast
Belfast [boodskap #121141] Sa, 24 November 2018 06:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Belfast is 'n dorp in die Oos-Transvaal (Mpumalanga). Dit is die hoogste geleë in suidelike Afrika, 6,557 voet bo seespieël, en is daarom ook een van die koudste nedersettings in Suid-Afrika. Vernoem na Belfast in Ierland, die tuisdorp van die stigter, mnr. O'Brien, op 30 Junie 1890. Bloedige veldslae het in 1901 tydens die Tweede Vryheidsoorlog naby dié dorp plaasgevind. Die vernaamste bedryf is boerdery. Die plek is bekend as hengeloord vir forelle. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 4,162 (1,800 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Beit-Trust
Volgende onderwerp: Belingwe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:51:11 MGT 2024