Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Beck, Sir Johannes Henricus Meiring
Beck, Sir Johannes Henricus Meiring [boodskap #121130] Vr, 23 November 2018 14:52
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Johannes Henricus Meiring Beck was 'n Suid-Afrikaanse minister en komponis. Gebore op Worcester, Kaapland, in 1855. Hy ontvang sy onderwys aan die South African College en kwalifiseer in die geneeskunde in Edinburgh in 1879. Praktiseer in Kaapstad en in 1898 word hy parlementslid vir Worcester. Verwerf gou aansien vanweë die 'Beck-wet' en in 1908 word hy 'n Kaapse afgevaardigde na die Nasionale Konvensie. Met Uniewording is hy aangestel as senator, en in 1916 word hy Minister van Pos- en Telegraafwese, 'n pos wat hy tot sy dood in 1919 behou. Woon baie jare lank in die Ou Drosdy op Tulbagh, doen baie vir die bewaring van Suid-Afrikaanse monumente en was 'n vaardige komponis.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Beaumont, Sir William Henry
Volgende onderwerp: Beck-wet, Die
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:45:57 MGT 2024