Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Beaufort-Wes
Beaufort-Wes [boodskap #121128] Vr, 23 November 2018 14:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Beaufort-Wes is 'n dorp in die hartjie van die Karoo op die hoofspoorlyn na die noorde. Die dorp lê aan die voet van die Nuweveldberge en aan die Gamkarivier, 480 km (296 m.) van Kaapstad. Die plek is bekend vir sy lanings peerbome en is 'n belangrike pad-, spoorweg- en lugsentrum. In die omgewing word hoofsaaklik met skape (wol) geboer.

Beaufort-Wes is in 1820 gestig en vernoem na die Hertog van Beaufort, vader van lord Charles Somerset, goewerneur van die Kaap. Dit is die dorp wat eerste munisipaliteit in Suid-Afrika geword het, in 1839, selfs voor Kaapstad. 'n Versameling van Napoleontiese oudhede van St. Helena wat deur die Pritchard-familie geskenk is word in die stadsaal bewaar.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Beattie, Sir John Carruthers
Volgende onderwerp: Beaumont, Sir William Henry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:49:02 MGT 2024