Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Baynes, Joseph
Baynes, Joseph [boodskap #121122] Vr, 23 November 2018 06:24
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Joseph Baynes was 'n nywerheidspionier en kabinetsminister in Natal. Gebore op Settle in Yorkshire, Engeland, in 1842; emigreer na Natal in 1850, waar hy begin boer en 'n beroemde bees- en perdeteler word. Sy vernaamste prestasie is egter die stigting van die beroemde Nelsrust-melkplase naby Pietermaritzburg. Maak gebruik van die eerste dipbak in die gebied en begin met 'n moderne melkbedryf. Van 1887 tot Uniewording was hy lid van die Natalse parlement, en van 1903 tot 1904 was hy Minister van Lande en Werke. Met sy dood in 1925 is sy eiendom op Nelsrust aan die land geskenk as 'n ontwikkeling- en navorsingsentrum.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bayete
Volgende onderwerp: Bayville
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:40:04 MGT 2024