Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bavenda (Venda)
Bavenda [boodskap #121117] Vr, 23 November 2018 06:09
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
/fa/68/0/
Die Bavenda is 'n stam van sowat 300,000 wat hoofsaaklik in Noord-Transvaal woon. Venda beteken 'land' of 'wêreld'. Die stam het na bewering teen die einde van die 17de of begin 18de eeu uit Sentraal-Afrika geëmigreer. Die Bavenda het kenmerke van feitlik elke ras in Afrika en pas sowel landbou as beesboerdery toe. Hulle gebruik om yster en koper te smelt, het feitlik uitgesterf. Die stam het lank voordat blanke mynontginning op Messina begin het, reeds die neerslae verwerk. Hulle is ook handelaars en jagters.

Hulle beskou die krokodil as heilig. Die stam glo aan Raluvhimba, 'n monoteïstiese godheid en het 'n uitvoerige ritueel van reënmakery. Die grootste deel van die stam is gekonsentreer in die distrik Soutpansberg benoorde Louis Trichardt.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
  • Aanhangsel: bavenda.jpg
    (Grootte: 28.94KB, 192 kere afgelaai)
Vorige onderwerp: Baumann, Gustav
Volgende onderwerp: Baven-on-Sea
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:27:12 MGT 2024