Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Battery
Battery [boodskap #121112] Vr, 23 November 2018 05:58 na volgende boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Elektriese batterye.
Elektriese batterye.
'n Battery is 'n toestel met elektrochemiese selle wat elektrisiteit deur middel van 'n chemiese reaksie ontwikkel. Sommige batterye is herlaaibaar. Batterye is een van die min maniere waarop elektriese energie vir latere gebruik gestoor kan word.
Re: Battery [boodskap #121113 is 'n antwoord op boodskap #121112] Vr, 23 November 2018 06:00 Na vorige boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Stampbattery by 'n goudmyn.
'n Stampbattery by 'n goudmyn.
Battery is ook 'n afkorting vir die stampbattery wat gebruik word om gouderts fyn te stamp. Batterye wissel van twee stampers af, terwyl die wêreld se grootste battery, die een op die Randfontein-Landgoed, 600 stampers het. Die oorspronklike stampers het 400 pond geweeg, maar die gewig is in omstreeks 1905 vermeerder tot 1,250 pond, wat groter produksie meegebring het. Met die instelling van rollermeule het die gebruik van batterye geleidelik verminder.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bathoen
Volgende onderwerp: Battis, Walter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:43:33 MGT 2024