Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bathoen
Bathoen [boodskap #121111] Vr, 23 November 2018 05:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bathoen was die opperhoof van die Bangwaketsi, 'n onder-stam van die Betsjoeana, van 1889 tot sy dood. Hy tree in 1895 op die voorgrond deur sy besoek aan Engeland saam met Khama, koning van die Bamangwato en Sebele. Hulle word ontvang deur koningin Victoria, wie se soewereiniteit hy aanvaar. Later maak hy daarteen beswaar dat die beheer van sy gebied aan die Chartered Company oorgedra word. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog verskaf hy waens aan die Britse militêre gesag. Oorlede in 1910.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Batavier II
Volgende onderwerp: Battery
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:20:35 MGT 2024