Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Barrydale
Barrydale [boodskap #121103] Do, 22 November 2018 19:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Barrydale is 'n dorp in die berge, 55 km van Swellendam, op die grens van die Overberg en die Klein Karoo in die Wes-Kaap. Die dorp is vernoem na die beroemde handelaars, die Barry-broers, wat in die 19de eeu daar handel gedryf het. Dit is aangelê in 1881 en word 'n munisipaliteit in 1921. Nou bekend vir sy vrugte en veldblomme. Die distrik lewer veral perskes, appels, appelkose en druiwe. Daar is rotstekeninge in die Tradouwspas.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Barry, Dr. James
Volgende onderwerp: Bartholomeus Dias
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:55:39 MGT 2024