Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Barry, Dr. James
Barry, Dr. James [boodskap #121102] Do, 22 November 2018 19:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
James Barry saam met sy helper, John, en sy hond, Psyche.
James Barry saam met sy helper, John, en sy hond, Psyche.
Dr. James Barry (~1794 - 1865) was 'n militêre chirurg en die lyfarts van lord Charles Somerset aan die Kaap. Alhoewel Barry se hele volwasse lewe as 'n man geleef het, is Barry in Ierland gebore as Margaret Ann Bulkley en was in sy kinderjare bekend as vroulik. Sy ouers is onbekend, maar hy was verwant aan die skilder, John Barry.

Barry studeer in die medisyne in Edinburgh, sluit in 1813 by die Britse leër aan as hospitaal-assistent en word in 1815 bevorder tot assistent-chirurg. "Hy" kom na die Kaap waar hy tot 1825 bly en word in 1827 majoor-chirurg. As 'n uiters bekwame geneesheer het "hy" die fondament gelê van moderne hospitaaldienste, van die Mediese Raad en het selfs begin met die opleiding van vroedvroue. Sy kort humeur het daartoe gelei dat hy aan 'n tweegeveg aan die Kaap deelgeneem het. "Hy" word in 1859 Inspekteur-generaal en is in 1865 oorlede.

Later het die storie die ronde gedoen dat 'n nadoodse ondersoek aan die lig gebring het dat Barry 'n vrou was. Baie stories is van hierdie vrou vertel, meestal verdigsels. In 1965 het prof. Percival Kirby van Grahamstad mediese dokumente van die Britse departement oorlog gepubliseer wat bewys het dat hy 'n man was ten spyte van sy tweeslagtige (hermafroditiese) bou en voorkoms.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Barrow, Sir John
Volgende onderwerp: Barrydale
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:47:04 MGT 2024