Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Barrow, Sir John
Barrow, Sir John [boodskap #121101] Do, 22 November 2018 18:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Portret van John Barrow
Portret van John Barrow
Sir John Barrow (1764 - 1848) was 'n Engelse staatsman, skrywer en ontdekkingsreisiger. Hy is gebore van arm ouers op Ulverston en het begin werk in 'n ystersmeltery op Liverpool, waar hy homself opgewerk het van tydhouer tot vennoot. As sekretaris vir lord Macartney, die eerste Britse ambassadeur na Sjina, besoek hy die Ooste en in 1797 kom hy saam met Macartney na die Kaap toe hy Goewerneur geword het onder die eerste Britse bewind.

Barrow is op 'n ontdekkings en diplomatieke sending na die grens (Oostelike distrikte) gestuur, hy stel 'n staatsdiens pos in, trou met 'n plaaslike meisie, Anna Maria Trüter, en keer in 1803 na Engeland terug. Sy Travels into the Interior of South Africa verskyn in 1806, en was ’n veelomstrede publikasie. Aangesien Barrow nie die taal van die koloniste verstaan het nie, het hy nie daarin geslaag om hulle standpunt in die stryd teen die Bantoe weer te gee nie.

As minister van die Vloot van 1804 tot 1845, is hy in 1835 verhef tot baronet. Sy ondervinding as jong man op 'n Groenlandse walvisjagter het sy belangstelling gaande gemaak in Poolontdekkingstogte, en Kaap Barrow, Barrow-Straat en Punt Barrow is almal na hom vernoem. In 1830 stig hy die Royal Geographical Society. Hy is op 23 November 1848 oorkede.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Barreto, Francisco
Volgende onderwerp: Barry, Dr. James
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:07:49 MGT 2024