Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Barolong
Barolong [boodskap #121097] Do, 22 November 2018 07:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Barolong is 'n stam geassosieer met die Basoeto. Die stam se naam is afgelei van dié van opperhoof Morolong. Hy het glo in die jaar 1400 n.C. suidwaarts geëmigreer van die Groot Mere af. Hulle het hulself gevestig in 'n gebied nou bekend as Botswana naby die Hartsrivier. Hulle maak in 1823 deur Wesleyaanse sendelinge die eerste kontak met die Kaapse regering. Hulle help Voortrekkers teen Matabeles as gevolg van die stam se voortdurende aanvalle op hulle. Hierdie tradisionele vriendskap met die Trekkers is deur opperhoof Moroko gehandhaaf, wat hom later in die huidige Vrystaat naby Thaba Nchu gevestig het. Nog 'n groep van die Barolong onder opperhoof Montsioa, wat in 1849 stamhoof geword het, het 'n stryd teen die Transvalers aangeknoop en eers in 1853 is vrede gesluit.

Die Barolong is ’n stam behorende tot die Wes-Sotho- (Tswana-) groep van die Bantoe. Lede en brokke van die stam word in verskeie reservate aangetref, veral in die omstreke van Mafeking en by Thaba Nchu waarheen hul kapt. Moroka, opvolger van Sefunelo as hoof van ’n trek van die stam by Groot Platberg aan die Vaalrivier, reeds in 1834 sy mense verskuif het weens droogtes en voortdurende bedreiging van Silkaats. By Thaba Nchu het die Voortrekkers Moroka en die Barolong in 1836 aangetref en onbaatsugtige hulp na Vegkop van hom ontvang. Hierdie Barolong was dwarsdeur die republikeinse jare troue Boerevriende. Die Barolongstamme wes van Transvaal was teen 1880 in 5 groepe verdeel en het altesaam 32,500 getel. Baie het onder die Z.A.R. se bestuur gestaan, maar die hoofgroepe het in Betsjoeanaland buite enige blanke beheer gewoon. In 1881 het 2 van hierdie groepe, Montsizoa en Moshete, in ’n oorlog gewikkel geraak. Lg. is deur Boere-vrywilligers gesteun en as vergoeding is ’n stuk grond aan hul gegee waarop die Republiek Gosen tot stand gekom het. In 1885 is die ganse Betsjoeanaland deur Groot Brittanje geannekseer en onder ’n protektoraat geplaas waardeur die Barolongs onder Britse gesag gekom het. Sien BATHLAPING.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Barnato, Henry
Volgende onderwerp: Bantoevolke van Suidelike Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:26:19 MGT 2024