Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Barnato, Barnett (Barney) Isaacs (Barney Barnato)
Barnato, Barnett (Barney) Isaacs [boodskap #121095] Do, 22 November 2018 05:55
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Portret van Barney Barnato.
Portret van Barney Barnato.
Barnett (Barney) Isaacs Barnato (1851 - 97) was 'n Suid-Afrikaanse mynmagnaat. Hy was 'n kleurvolle figuur in die finansiële, myn-, teater- en sportwêreld, sowel in Suid-Afrika as Engeland.

Bernato is op 21 Februarie 1851 gebore as Barnett Isaacs, seun van 'n kroegbaas in die Oos-einde van Londen (en was dus 'n Joodse seun uit 'n Londense agterbuurt). Hy word 'n deeltydse vaudeville-verhoogkunstenaar en bokser saam met sy broer, Henry onder die naam Bernato. In 1873 volg Barney vir Henry na Dutoitspan (Kimberley), waar hulle begin werk as delwers, diamantkopers en spekulante. Hy het aanvanklik op alle moontlike manier geld probeer verdien, onder andere as ’n nar in ’n sirkus en deur gruishope oor te sif op soek na diamante. Vas oortuig dat die rykste vondste dieper onder die aarde lê, koop hy 4 persele in 1876 in die sentrale Kimberley-gebied vir £3000. Barney het reg geoordeel. Deur skagte dieper te grawe, is ontsaglike rykdomme blootgelê. Hy word skatryk en al sy belange is daarna in die Barnato Diamond Mining Company saamgevat.

Deurdat hulle in beheer was van verskeie belangrike myne, kom hulle in aanraking met Cecil Rhodes (voorsitter van die De Beer’s Mining Company). Die daaropvolgende stryd volg in 'n samesmelting van belange in 1888 en Barney Barnato word een van die oorspronklike lewenslange presidente 'Life Governors' van De Beers Consolidated Mines. Van 1889 tot 1897 verteenwoordig hy Kimberley in die Kaapse parlement, hoewel die parlement nooit 'n bekoring op hom uitgeoefen het nie.

Ná die ontdekking van goud aan die Witwatersrand besoek hy Johannesburg 1888 en belê £2 miljoen in goudbelange en grond. Sodoende kry hy beheer oor die aandelemark en watervoorsiening. Hy verhuis na die Rand, waar hy in 1889 die Johannesburg Consolidated Investment Co. stig, hoewel die firma Barnato-broers voortbestaan.

Later het hy 'n senuwee-ineenstorting gekry en in 1897 het hy op een van sy seereise tussen Southampton en Kaapstad oorboord gespring en verdrink. Sy boedel is teen net minder as £1,000,000 gewaardeer.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Barnard, Lady Anne
Volgende onderwerp: Barnato, Henry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:43:48 MGT 2024