Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Barnard, Lady Anne
Barnard, Lady Anne [boodskap #121094] Do, 22 November 2018 05:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Lady Anne Barnard
Lady Anne Barnard
Lady Anne Barnard (1750 - 1825) was 'n digteres en briefskrywer. Sy op 12 Desember 1750 in Skotland gebore as die oudste dogter van die Graaf van Balcarres. As lady Anne Lindsay het sy die ballade, Auld Robin Gray geskryf, wat aan haar letterkundige onsterflikheid besorg het.

In 1793 is sy op 43 jarige leeftyd getroud met Andrew Barnard wat in 1797 Koloniale Sekretaris van die Kaap geword het. Sy vertoef derhalwe gedurende die eerste Engelse Bewind saam met haar man aan die Kaap (1797 - 1802). Aangesien die goewerneur, lord Macartney, se vrou nie saam met haar man na die Kaap gekom het nie, is lady Anne en haar man gevra om in die kasteel te kom woon, sodat sy as gasvrou kon optree. Sy het haar bes gedoen om die belangrikste persone in die land so veel moontlik met die Britse bewind te versoen. Haar reeks briewe oor die lewe aan die Kaap is vandag 'n Suid-Afrikaanse klassieke werk.

Sy keer in 1802 na Engeland terug en is op 6 Mei, 1825 oorlede. Haar briewe is nie voor 1901 gepubliseer nie, toe dit deur Dorothea Fairbridge uitgegee is onder die titel South Africa a Century Ago. Sy was ook 'n besondere kunstenares gewees.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Barnard, Andrew
Volgende onderwerp: Barnato, Barnett (Barney) Isaacs
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:59:27 MGT 2024