Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Barclays Bank
Barclays Bank [boodskap #121088] Do, 22 November 2018 05:20
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Barclays Bank (Dominion, Colonial and Overseas) is 'n tak van die Barclays Bank-groep van Brittanje. In 1926 absorbeer hy die Nasionale Bank van Suid-Afrika Bpk., wat ontwikkel het van die Nasionale Bank van die Suid-Afrikaanse Republiek Bpk., wat hoofsaaklik gestig is met Britse, Duitse en Nederlandse ondersteuning op 15 April 1891 met sy hoofkantoor in Pretoria. Die bank het snel ontwikkel en gou sy bedrywighede uitgebrei na Kaapland, Natal en die Vrystaat. In 1910 absorbeer dit die Nasionale Bank van die Oranjerivierkolonie, wat op 27 Junie 1877 gestig is, en die oorspronklike Bloemfontein Bank opgeneem het. Die Bank van Afrika, wat in Augustus 1879 gestig is om die werk van die Oriental Bank in die land oor te neem, en verskeie ander plaaslike instellings het in 1912 saamgesmelt met die Nasionale Bank van Suid-Afrika, terwyl die Natal Bank, gestig op 1 April 1854, in 1914 ook geabsorbeer is.

As gevolg van die swaar verliese wat Suid-Afrika tydens die Eerste Wêreldoorlog gely het, is dit op sy beurt by Barclays Bank (D.C.O.) ingelyf. Dié bank het 'n wêreldwye netwerk van takke. Sy hoofkantoor vir Suid-Afrika is in Johannesburg en vir Zimbabwe (Rhodesië), in Harare (Salisbury).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Barberton
Volgende onderwerp: Barkly, Sir Henry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:20:51 MGT 2024