Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Barberton
Barberton [boodskap #121086] Wo, 21 November 2018 20:04 na volgende boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Satellietbeeld van Barberton.
Satellietbeeld van Barberton.
Barberton is 'n dorp in die suidooste van Mpumalanga (Oos-Transvaal). Die dorp lê in die De Kaap-vallei aan die voet van die Makonjwas-bergreeks, 390km oos van Pretoria. Die plek is vernoem na die broers Barber (Harry en Fred). Mynbou, sitrus, katoen en bosbou is die belangrikste bedrywe.

Barberton is gestig in 1884 en bereik die toppunt van sy bloei twee jaar later met die ontdekking van die beroemde Sheba-rif toe daar meer as 8,000 Blankes was en dit oor twee aandelebeurse, klubs, ens. beskik het. Die munisipaliteit het in 1904 tot stand gekom. Dit was destyds 'n beroemde goudmynsentrum en hoofstad van die De Kaap-goudveld.

Baie van die latere vooraanstaande mynmagnate aan die Rand het met hulle loopbane op Barberton begin. Die meeste myne is uitgewerk of was onbetaalbaar. In die jongste aantal jare het Barberton 'n belangrike subtropiese landbousentrum geword.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Re: Barberton [boodskap #121087 is 'n antwoord op boodskap #121086] Wo, 21 November 2018 20:06 Na vorige boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Barberton is ook 'n verbode drank wat deur Bantoes gebrou word. Die naam afgelei van dié van die dorp se naam.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Barberspan
Volgende onderwerp: Barclays Bank
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:53:46 MGT 2024