Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Baragwanath-hospitaal
Baragwanath-hospitaal [boodskap #121084] Wo, 21 November 2018 19:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Baragwanath-hospitaal is 'n staatshospitaal in die Soweto-gebied in die suide van Johannesburg. Dit is die grootste hospitaal in die Suidelike Halfrond en een van die grootste ter wêreld. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is dit vir blanke militêre pasiënte, veral teringgevalle, gebruik. In 1945 is dit omskep in 'n hospitaal vir die land se Bantoebevolking. Die hospitaal het destyds bestaan uit 2,700 beddens, 2,100 verpleegsters, waarvan 1,500 gekwalifiseer was, met 218 dokters. Die meeste verpleegsters en baie dokters was self Bantoes. Baragwanath-hospitaal is 'n belangrike navorsingsentrum en het destyds al meer as 2,000 buitepasiënte per dag en 1,000 bevallings per maand hanteer. Die hospitaal in ná 1994 vir alle bevolkingsgroepe oopgestel.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Baptiste
Volgende onderwerp: Barberspan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:05:59 MGT 2024