Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Baptiste (Doopsgesindes)
Baptiste [boodskap #121083] Wo, 21 November 2018 19:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Baptiste of Doopsgesindes is Protestante wat onder meer glo dat ’n mens heeltemal deur water bedek moet word by die doop, en dat volwasse mans en vroue (dus geen kinders nie) gedoop moet word wanneer hulle gereed is om hul sondes te bely en hul geloof te betuig. Die groep (deur sommige as 'n sekte gesien) is in die 16de eeu gestig. ’n Groot Baptiste-prediker was Charles Haddon Spurgeon (1834 - 92), wat 30 jaar elke Sondag 6,000 mense na die Tabernacle in Southwark, Londen, gelok het.

Baptistekerk in Suid-Afrika:

Die Baptistekerk is ook 'n kerkgroup in Suid-Afrika. Sedert die aankoms van die 1820-setlaars was daar 'n aansienlike aantal Baptiste in Suid-Afrika, en die eerste kerk is in daardie jaar in Grahamstad gestig. In 1872 is die Baptiste-unie van Suid-Afrika gevorm, bestaande uit 'n genootskap van kerke en gemeentes wat andersins selfbesturend was. Sendingwerk is in 1892 op dieselfde grondslag geplaas toe die Suid-Afrikaanse Baptiste-Sendinggenootskap geskep is.

Skakel: Afrikaanse Baptiste Kerke

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bantoetale van Suidelike Afrika
Volgende onderwerp: Baragwanath-hospitaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:07:37 MGT 2024