Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bandom (Bantom)
Bandom [boodskap #121078] Wo, 21 November 2018 15:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Skets van 'n Bandom.
Skets van 'n Bandom.
'n Bandom (Chamaetortus aulicus) is ’n klein slang met giftande agter in die bek, net effens giftig, uit die familie Colubridae, met kenmerkende ligte dwarsbande op ’n bruin rug. Die slang is nogal skaars en word 2 - 2½ voet lank. ’n Noordelike soort wat aangetref word van Kenia suidwaarts tot in Suid-Mosambiek en op die grense van Noordoos-Transvaal. Die naam bandom word soms ook gegee aan ander bandslange, soos die koraalslang, die tierslang, ens.

'n Bantom (as verminking van die woord "Bandom") kan na die volgende verwys:

1. 'n Gladde soort klippie wat in riviergruis aangetref word en wat dikwels 'n aanduiding van die teenwoordigheid van diamante is. Dit word veral op spoeldelwerye gevind en het mooi gekleurde lynpatrone om die oppervlak.

2. 'n Bees of ander dier met 'n wit haarstreep om sy lyf.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bantoestan
Volgende onderwerp: Baobab
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:20:02 MGT 2024