Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bantoe
Bantoe [boodskap #121074] Wo, 21 November 2018 07:04
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Benaderde verspreiding van Bantoetale in Afrika.
Benaderde verspreiding van Bantoetale in Afrika.
Bantoe beteken 'Die Mense'. In 'n Suid-Afrikaanse konteks is dit die inboorlinge wat nie Hottentot of Boesman van oorsprong is nie.

Bantoe is 'n versamelnaam vir groep volke wat tot dieselfde taalfamilie behoort en die hele Afrika suid van ’n lyn getrek vanaf die "hoek" in die Weskus (Golf van Guinee) oor die bopunt van die Victoriameer na die ooskus bewoon. Kenmerkend vir die tale van hierdie volke is dat dit "klassetale" is: die naamwoorde val in verskillende klasse wat deur middel van voorvoegsels onderskei word. Bv. in Zulu: umuntu (enkelvoud) mens, abantu (meervoud); imbuzi (enkelvoud) bok, izimbuzi (meervoud) Hierdie voorvoegsels beheers ook die sinsbou. Bv. in Zulu: Umuntu omdala uyahamba (Die mens wat oud is loop - enkelvoud), Abantu abadala bayahamba (Die mense wat oud is loop - meervoud); imbuzi emdala iyahamba (Die ou bok loop).

Die woord Bantoe, wat in die meeste van die tale "mense" beteken, is die eerste keer deur W.H.I. Bleek in sy werk Comparative Grammar of South African Languages (1869) gebruik, waarna dit oor die hele wêreld aanvaar is om die groep stamme aan te dui.

Die Bantoe word hoofsaaklik n.a.v. geografiese oorwegings in 3 hoofgroepe verdeel:

(i) die Wes-Bantoe wat woon in die suidelike gedeelte van die Kameroen, die Federale Republiek van die Kongo, die Kongo en Angola (met uitsluiting van die Ovambo in die suide van Angola);

(ii) die Oos-Bantoe wat woon in Uganda, Tanganjika, Kenia, Malawi (Njassaland), Zambië (Noord-Rhodesië) en Mosambiek noord van die Zambezi. Sommige skrywers noem die noordelike Bantoestamme van hierdie groep (die Banyankole, Bakitara, Baziba) die Noord-Bantoe of selfs Lakustriese Bantoe Dit is hoofsaaklik veeherderstamme waarskynlik van Hamitiese oorsprong wat oor inheemse en aan hulle vreemde landboustamme heerskappy voer;

(iii) die Suidelike Bantoe: die stamme wat suid van die riviere Zambezi en Kunene woon: in Namibië (Suidwes-Afrika), die Republiek van Suid-Afrika, die Britse Hoë Kommissarisgebiede, die suidelike gedeelte van Mosambiek.

Die Suidelike Bantoe word weer onderverdeel in (a) die Herero-Ambo-groep: die Ovaherero en Ovambo van Namibië (Suidwes-Afrika), laasgenoemde woon gedeeltelik in Suid-Angola; (b) die Shona-groep van Zimbabwe (Suid-Rhodesië) (sien Masjona); (c) die Bantoegroep wat val in (i) die Suid-Sotho hoofsaaklik in Basoetoland maar ook rondom Basoetoland binne die grense van Suid-Afrika, (ii) die Wes-Sotho-groep (Tswanagroep) wat in Noordwes-Kaapland, Betsjoeanalandse Protektoraat, Wes-Transvaal woonagtig is en stamme insluit soos die Bathlaro, Barolong, Bathlaping, Bahurutshe, Bakgatla, Bakwêna, Bangwaketse, Bamangwato, Batawana, Bakgalagadi; (iii) die Noord-Sothogroep wat insluit die Bagananwa, Batlôkwa, BagaMphanlêlê, BagaMolêpô, Babirwa, Bapedi, Bakoni, Balobedu, Baphalaborwa, BagaMmamabolo, Bakgaga, Barôka, Batau; (iv) die Oos-Sotho-groep wat insluit die Bapai, Bakhutswe, Mapulana; (d) die Nguni-groep waaronder ressorteer: (i) die Suidelike Nguni: Amaxhosa, Amagcaleka, Amangqika, Amandlambe, Amagqunukhwebe, Abathembu, Amabomvana, Amampondo, Amampondomise, Amamfengu, Amahlubi, naas ’n baie groot aantal kleiner stammetjies wat binne en buite die Bantoegebiede van Oos-Kaapland aangetref word; (ii) die Noordelike Nguni wat insluit die Amazulu van Natal en ’n baie groot aantal stammetjies woonagtig in "Zoeloeland", die res van Natal en selfs in die noordoostelike deel van die Vrystaat en die suidooste van Transvaal; die Amaswazi wat ook ’n hele aantal kleiner stammetjies insluit en wat in en naby Swaziland woon: die Amandebele van Transvaal en die Amandebele van Zimbabwe (Rhodesië) (e) die Venda-groep (Noord-Transvaal); (f) die Lemba-groep (Noord-Transvaal); en (g) die Shangana-Tsonga- groep (veral Mosambiek). Met weglating van die Lemba-groep wat baie gering in getal is, is die getalsverhouding tussen die verskillende groepe soos volg (dit het betrekking op die groepe binne die grense van Suid-Afrika en die Britse Hoë Kommissarisgebiede): Nguni-groep 59.6%, die Sotho-groep 35.8%, die Tsonga-groep 3% en die Venda-groep 1.6%.

Die Bantoe het ontstaan hoofsaaklik deur vermenging van 'n intrekkende volk van proto-Hamitiese oorsprong en inheemse Negervolke in Afrika. Die bakermat van die Bantoe word beskou as Oos-Midde-Afrika van waar hulle suid en wes getrek het. Die beweging suidwaarts het hoofsaaklik om 2 redes geskied: (i) aanhoudende splitsings van stamme en die vorming van nuwe stamme wat dan elders 'n woongebied moes soek; (2) ekonomiese redes: hulle was veeherders en landbouers en hulle het gedurig agter nuwe weivelde aangetrek en gedurig verskuif na nuwe landerye wanneer die oues uitgeput was. Afrika se vlaktes het oopgelê; dit was net die Boesmans en die Hottentotte wat verplaas moes word. Toe die Blankes aan die suidpunt van Afrika geland het, het die voorpunt van die Bantoe langs die Ooskus afgesak, waarskynlik reeds in Natal. In die binnelande was hulle waarskynlik op die hoogte van die Limpopo; die presiese posisie is nie bepaalbaar nie omdat hul eie oorleweringe so vaag is.

Die Bantoe en die Blankes het die gebied wat tans Republiek van Suid-Afrika is min of meer dieselfde tyd binnegetrek. Die getalle Bantoe binne die grense van die Republiek was volgens die 1951-volkstellIing 8,556,390. Die Bantoe van die Hoë Kommissarisgebiede was in 1946: 1,033,323. In die hele Bantoegebied van Afrika word daar ongeveer 200 tale gepraat en die totale getal Bantoe is destyds op om en by 70,000,000 gestel.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Banket
Volgende onderwerp: Bantoehandelstentoonstelling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:52:48 MGT 2024