Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bancroft, Dr. Joseph Austen
Bancroft, Dr. Joseph Austen [boodskap #121070] Di, 20 November 2018 19:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Joseph Austen Bancroft was 'n geoloog. In 1882 in Kanada gebore en kom in 1927 na Zambië as Raadgewende Geoloog vir die Anglo American Corporation. Hy was 'n man van groot aansien in sy beroep oorsee, en sy geskrifte oor wetenskaplike onderwerpe het 'n wye veld gedek. Hy was hoofsaaklik verantwoordelik vir die ontginning van die koperneerslae in Zambië, veral vir dié van die groot myn wat na hom vernoem is. Hy is op 11 Desember 1957 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bancroft
Volgende onderwerp: Banda, Dr. Hastings Kamuzu
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:52:39 MGT 2024