Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bamangwato (Ngwato)
Bamangwato [boodskap #121066] Di, 20 November 2018 18:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bamangwato is 'n stam in Botswana en deel van die Betsjoeanafamilie. Hul naam is afkomstig van 'n voormalige hoofman, Ngwato, wat hom in 1700 naby Shoshong gevestig het. Hoewel vreedsaam, het hulle hulself gehandhaaf teen hulle bure, hoofsaaklik deur die bekwaamheid van hulle opperhoof, Khama, wat die stam in 1884 onder Britse beskerming geplaas het. Ten spyte van huishoudelike twiste bly hulle stelsel van opperhoofde voortbestaan tot vandag toe. Baie van die Bamangwato werk in die Republiek.

Bamangwato (kortweg Ngwato) is ’n stam behorende tot die Wes-Sotho- (Tswana-)groep van die Bantoe. Woonagtig in die omgewing van Serowe in Botswana (Betsjoenaland). Vir oorsprong sien Bahurutshe. Die Bamangwato het bekend geword veral deurdat hul kaptein Kgama III (1837 - 1923) die Christelike geloof aanvaar en daarna gepoog het om allerhande sosiale hervorminge in die lewe van sy stam te bewerkstellig: aanvaarding van die Christelike geloof as stamgodsdiens, verbod op gebruik van sterk drank, afskaffing van veelwywery en lobola. Hy het nie in alles geslaag nie, maar dit tog reggekry om ’n steuring te bewerkstellig in die inheemse kultuurpatroon en regeringstelsel van die stam en hulle op die pad van die Westerse kultuur te plaas. Hulle latere kaptein, Seretse Kgama, het in Londen met ’n Engelse tikster Ruth Williams getrou.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bam, Sir Peter Canzius Van Blommenstein Steward
Volgende onderwerp: Bamboesvis (Kaap), Gestreepte Karanteen (Natal)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:37:44 MGT 2024