Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ballinger, Mev. Margaret Livingstone (Margaret Hodgson)
Ballinger, Mev. Margaret Livingstone [boodskap #121063] Di, 20 November 2018 15:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Mev. Margaret Livingstone Ballinger (Margaret Hodgson) was 'n lid van die Volksraad. Gebore op 11 Januarie 1894 in Glasgow. Kom na Suid-Afrika in 1904 en studeer aan die Hugenote-Kollege, Wellington; die Universiteitskollege Rhodes, Grahamstad; en Somerville College, Oxford. Na 'n aantal jare as lektrise in Geskiedenis aan die Universiteit van die Witwatersrand word sy in 1937 parlementslid as Bantoeverteenwoordiger, 'n pos wat sy beklee tot die afskaffing daarvan in 1960. Sy was 'n invloedryke spreker en was 'n stigterslid van die Suid-Afrikaanse Liberale Party, waaruit sy later bedank.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Balla-baila-goudveld
Volgende onderwerp: Ballinger, William George
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:41:45 MGT 2024