Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Balfour
Balfour [boodskap #121060] Di, 20 November 2018 15:09
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Balfour kan na een van die volgende verwys:

1. 'n Dorp in Mpumalanga (Transvaal) ongeveer 50 myl suidoos van Johannesburg op die hoofspoorlyn tussen Johannesburg en Durban. Die dorp is in 1896 op die plase van Frederick Stuart McHattie geproklameer. Die dorp het aanvanklik McHattiesburg geheet en is omstreeks 1908 herdoop na die Britse premier, lord Arthur Balfour. Die dorpsraad is in 1920 gestig. In die distrik is veral mielieboerdery. Nuwe mynontwikkelings het later op Winkelhaak plaasgevind. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 4,666 (1,350 Blankes).

2. 'n Dorp onder die Katbergreeks in Oos-Kaapland, bekend vir sy natuurskoon. Lemoene, tabak en saagmeulens. Vernoem na die sekretaris van die Glasgow-Sendinggenootskap. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 568 (149 Blankes).

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bale, Sir Henry
Volgende onderwerp: Balgowan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:03:41 MGT 2024